
DA-onttrekking 'politieke teater', sê GOOD
Loading player...
Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir vordering en beskuldig die DA van skynheiligheid en mediagedrewe optrede. Herron doen 'n beroep op vennote in die regering van nasionale eenheid om te fokus op inklusiewe regering, deursigtigheid en die lewering van oplossings vir Suid-Afrikaners: