
Boere staan saam oor Stampriet-bekken
Loading player...
Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy nie sy bedrywighede kan voortsit nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Aldo Hengari, die bedryfsdirekteur van Headspring Investments.