Banyana loongeskil opgelos

Loading player...
Die loongeskil tussen die heersende Afrikabeker-kampioene vir vroue, Banyana Banyana, en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is opgelos. Banyana het geweier om in Marokko te oefen weens onbetaalde salarisse en kampoefen-geld van SAFA. Die span berei voor vir die toernooi wat op 5 Julie begin. Die SAFA visepresident, Linda Zwane, het na afloop van die vereniging se kongres in Sandton erken Maart-bonusse is nie betaal nie en gesê die saak is afgehandel:
29 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA kan kies om eenheidsregering te verlaat

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van…
30 Jun 5AM 1 min

Baster- en Nama-kultuur op Rehoboth gevier

Rehoboth het die Root 77-markdag aangebied, 'n geleentheid wat plaaslike entrepreneurskap en die kulturele erfenis van die Nama- en Rehoboth Baster-gemeenskappe vier. Hardap-goewerneur Riaan McNab sê die mark bevorder eenheid, kreatiwiteit en trots deur plaaslike talent en tradisies ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met McNab gesels.
30 Jun 5AM 1 min

PDM berei voor vir November

Die PDM is druk besig met sy voorbereidings vir die komende plaaslike owerheidsverkiesings wat op 26 November plaasvind. Die party is tans besig met die identifisering van kandidate in die verskillende kiesafdeling. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het meer.
30 Jun 3AM 1 min

Nasionale Dialoog: ANC look DA vir sy onttrekking

Die ANC sê hy is steeds verbind tot die sukses van die regering van nasionale eenheid en sal voortgaan om met alle gewillige vennote saam te werk om die waardes van die Grondwet te bevorder. Die DA-leier, John Steenhuisen, het vroeër aangekondig dat die party nie aan die Nasionale Dialoog…
30 Jun 3AM 1 min

Gauteng begin vandag sy e-tolskuld betaal

Gauteng se LUR vir Finansies, Lebogang Maile, sê die provinsie betaal vandag 5,76 miljard Suid-Afrikaanse rand aan e-tolskuld en die ondersteuning van SANRAL se snelwegverbeterings. Maile sê dit is deel van Gauteng se Provinsiale Inkomsteverbeteringstrategie en breër infrastruktuurplanne. Hy sê verder werk is aan die gang is om die finansieringsmodel…
30 Jun 3AM 1 min