Kommunale veesektor kry EU-hupstoot

Loading player...
Die Europese Unie het vyf 30-ton-veevragmotors ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie van landbou geskenk om die noordelike gemeenskaplike veewaardeketting te versterk. EU-ambassadeur Ana Beatriz Martins het gesê die vragmotors dui op beter markte, laer vervoerkoste en sterker landelike ekonomieë. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het dit 'n tydige oplossing vir 'n groot uitdaging genoem: vervoer.
29 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM berei voor vir November

Die PDM is druk besig met sy voorbereidings vir die komende plaaslike owerheidsverkiesings wat op 26 November plaasvind. Die party is tans besig met die identifisering van kandidate in die verskillende kiesafdeling. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het meer.
30 Jun 3AM 1 min

Nasionale Dialoog: ANC look DA vir sy onttrekking

Die ANC sê hy is steeds verbind tot die sukses van die regering van nasionale eenheid en sal voortgaan om met alle gewillige vennote saam te werk om die waardes van die Grondwet te bevorder. Die DA-leier, John Steenhuisen, het vroeër aangekondig dat die party nie aan die Nasionale Dialoog…
30 Jun 3AM 1 min

Gauteng begin vandag sy e-tolskuld betaal

Gauteng se LUR vir Finansies, Lebogang Maile, sê die provinsie betaal vandag 5,76 miljard Suid-Afrikaanse rand aan e-tolskuld en die ondersteuning van SANRAL se snelwegverbeterings. Maile sê dit is deel van Gauteng se Provinsiale Inkomsteverbeteringstrategie en breër infrastruktuurplanne. Hy sê verder werk is aan die gang is om die finansieringsmodel…
30 Jun 3AM 1 min

Trump sê hy het 'n koper vir TikTok

Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok. Die Chinese toep moes reeds op 19 Januarie vanjaar in die VSA verbied gewees het maar, Trump het reeds drie keer die sperdatum uitgestel, die jongste, tot September vanjaar. Trump het met Fox News gepraat.
30 Jun 3AM 1 min

Vrystaat-polisie vind R19m se vervalste goedere, in een week

Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19 miljoen Suid-Afrikaanse rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein die afgelope week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13 000…
30 Jun 2AM 1 min