Nasionale Dialoog: ANC look DA vir sy onttrekking

Loading player...
Die ANC sê hy is steeds verbind tot die sukses van die regering van nasionale eenheid en sal voortgaan om met alle gewillige vennote saam te werk om die waardes van die Grondwet te bevorder. Die DA-leier, John Steenhuisen, het vroeër aangekondig dat die party nie aan die Nasionale Dialoog sal deelneem nie nadat president Cyril Ramaphosa die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, afgedank het. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê dit is nogal verbasend dat die DA gekies het om nie die Nasionale Dialoog te ondersteun nie:
30 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staat soek landdros-onttrekking in Namcor-borgaansoek

Die borgtog-verrigtinge van Cedric Willemse in die Namcor-korrupsiesaak het 'n onverwagte wending geneem in die Windhoek-landdroshof. Staatsaanklaer Basson Lilungwe sê dat die Staat Vrydag 'n aansoek sal indien dat landdros Jurina Hochobes, wat die borgtog-aansoeke sou aanhoor, haar onttrek. Hy het nie redes hiervoor gegee nie. Uitspraak in hierdie aansoek…
27 Aug 11AM 1 min

SA polisiehoof vra verenigde front teen misdaad

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê diegene wat voordeel trek uit onbestendigheid teiken Afrika se groei en veerkragtigheid. Hy het tydens die 27ste Interpol Afrika-streekskonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon aan sterker instellings, die deel van intelligensie en geïntegreerde wetsraamwerke. Masemola het die byeenkoms 'n geskiedkundige oomblik genoem en kragtige, samewerkende…
27 Aug 11AM 1 min

Stel suikerbelasting in vir beter gesondheid: Voedselsekuriteitsalliansie

Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen 'n beroep op 'n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou 'n "dubbele las" van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar,…
27 Aug 10AM 1 min

Swak regeringskommunikasie lei tot waninligting

Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye…
27 Aug 10AM 1 min