Baster- en Nama-kultuur op Rehoboth gevier

Loading player...
Rehoboth het die Root 77-markdag aangebied, 'n geleentheid wat plaaslike entrepreneurskap en die kulturele erfenis van die Nama- en Rehoboth Baster-gemeenskappe vier. Hardap-goewerneur Riaan McNab sê die mark bevorder eenheid, kreatiwiteit en trots deur plaaslike talent en tradisies ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met McNab gesels.
30 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vrae hang weer oor gereedheid vir komende verkiesings

Vrae oor Namibië se gereedheid vir die komende verkiesing vir plaaslike owerhede en streeksrade ontstaan met die Verkiesingskommissie se kalender wat geen melding maak van die nuut afgebakende kiesafdelings nie. Die vertraging in die vrystelling van verlede jaar se verkiesingsverslag en stilte van SAOG-waarnemers dra by tot groeiende kommer. Kosmos…
30 Jun 10AM 1 min

Lynministerie 'sal werk maak van Afrika-handelsooreenkoms'

By die amptelike bekendstelling van Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms in Walvisbaai het die handelsministerie Namibië se toetrede tot intra-Afrikaanse handel gevier, met die eerste besending wat vanaf die Walvisbaai-hawe sal vertrek. Die geleentheid het regeringsamptenare, handelskundiges en belanghebbendes uit die privaatsektor bymekaargebring. Die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, het meer.
30 Jun 10AM 1 min

ActionSA betreur druk oor wantroue-mosie teen Cyril

ActionSA sê hy sal nie deur ander partye beïnvloed word om te besluit of hulle 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa sal steun of nie. Die party is lankal bekommerd oor Ramaphosa se leierskap, maar sal sy eie besluit neem indien so ’n mosie ingedien word. Athol Trollip…
30 Jun 9AM 1 min

Oplossing vir Gaza-krisis is polities: VN-hoof

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.
30 Jun 8AM 1 min

Onderwysministerie erken uitdagings in vroeë-leer

Die onderwysministerie het die Namibiese weergawe van die "End of learning poverty for all in Africa" veldtog geloods. Tydens 'n inligtingsessie by die inligtingministerie het die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn, van die uitdagings uiteengesit.
30 Jun 7AM 1 min