Innibos debuut: Seun

Loading player...
Die geliefde storiesmous Dana Snyman word vanjaar by Innibos vereer. Sy boek, Seun, is ook verwerk tot 'n eenmanstuk wat sy debuut maak. Wilhelm van der Walt en Johann Smith vertel meer.
2 Jul Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Laeveld-atlete op pad na moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap

'n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die Biathle Triathle Laser Run Wêreldkampioenskappe deel te gaan neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) kuier in die ateljee.
21 Oct 7 min

So raak stelsel vliegtuiglandings by KMI-lughawe

Weens onweer die afgelope week in die Laeveld is verskeie vlugte na KMI-lughawe ontwrig. Mphilo Dlamini', Air Traffic & Navigation Services se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, verduidelik wat die opgeskorte instrumentvlugprosedures beteken.
21 Oct 9 min

Laevelder oorwin Gobi 400

Damien Kuhn het onlangs die moordende Gobi 400 in China voltooi. Hy deel die ervaring met die Middag Game Drive.
21 Oct 7 min

Ridiculous Rocktober Ekstravaganza die maand

Die Ridiculous Rocktober Ektravaganza is 'n eerste van sy soort uitverkoping op gebruikte voertuie. Christo Leeuwner, die algemene bestuurder van Audi Centre Mbombela kuier in die ateljee.
20 Oct 13 min