Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’

Loading player...
Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê.
Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar.
Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër geniet nie. Hy glo ook ’n verandering is op Ellispark nodig as die Leeus weer ’n rugbykrag wil word.
“Hulle kort iemand wat die hamer gaan slaan,” sê hy.
Hy praat ook met groot lof oor Jake White, wat meer as 10 jaar gelede vir hom ’n geleentheid by die Brumbies gegee het.
Smith verduidelik ook hoe die poetse begin het wat hy en sy tweelingbroer, JP, gereeld op mekaar bak. JP is ook ’n oudrugbyspeler. Die tweeling het mekaar al deur diep waters gehelp, sê Ruan.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
2 Jul Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee…
12 Nov 30 min

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort…
5 Nov 35 min

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en…
29 Oct 29 min