
Risiko van bek-en-klou 'nog nooit so hoog'
Loading player...
Die veeartsenydirektoraat het biosekuriteitsbeheer by grensposte verskerp na 'n toename in bek-en-klouseergevalle in buurlande, met die doel om Namibië se veebedryf teen potensiële uitbrekings te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die risiko was nog nooit so hoog nie.