
BOSA eis verantwoordelike ambassadeur vir VSA
Loading player...
BOSA vra president Cyril Ramaphosa om vinnig 'n geloofwaardige, gekwalifiseerde en gerespekteerde ambassadeur in Washington aan te stel. Die Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig daar sal van 1 Augustus af 'n 30-persent tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA gehef word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê hierdie soort straftariewe sal 'n verlammende uitwerking op belangrike uitvoere hê, insluitend die voertuig-, landbou-, staal- en mynbousektore: