
Modi kom vandag in Namibië aan
Loading player...
Die eerste minister van Indië, Narendra Modi, kom vandag in Namibië aan. Dit is die eerste besoek deur 'n Indiese eerste minister sedert onafhanklikheid in 1990. Die besoek is deel van sy vyfnasie-toer en sal fokus op die versterking van samewerking in diamanthandel, digitale uitvoere en belangrike minerale soos litium en uraan. Namibië se Hoë Kommissaris in Indië, Gabriel Sinimbo, sê die besoek sal bilaterale betrekkinge en energievennootskappe verbeter: