
Texas steier onder gevolge van kitsvloede
Loading player...
Die dodetal van die oorstromings in sentraal-Texas het Dinsdag tot minstens 107 mense gestyg en rondom 161 word vermis. Die meeste van die sterftes was in die Kerr-distrik, waar amptenare sê 87 liggame is tot dusver gevind, waaronder 56 volwassenes en 30 kinders. Identifikasie was hangende vir 19 volwassenes en sewe kinders. Die boeties Ruffin en Piers Boyett, wat by die La Junta-kamp in Kerr-distrik was, moes uit hul oorstroomde hutte swem. Hulle het met ‘n plaaslike nuuskanaal gesels.