Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’

Loading player...
Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle.
“Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en ons sal sien hoe speel sake uit,” sê Smith.
Hy werp meer lig op die uitdagings by die Warriors, en gesels ook oor Italiaanse rugby nadat die Azzurri die Springbokke die afgelope naweek in Pretoria frustreer het. Smith is ’n voormalige hoofafrigter van Italië.
Ons gesels ook oor Wiaan Mulder se besluit om die Proteas se beurt gesluit te verklaar teen Zimbabwe met Brian Lara se rekordtelling van 400 in sig. Smith, ’n goeie krieketspeler op sy dag, gee ook sy mening hieroor.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
9 Jul Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee…
12 Nov 30 min

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort…
5 Nov 35 min

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en…
29 Oct 29 min