Wit Afrikaners moet opsies heroorweeg vir toekoms in Afrika

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê tydens die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se begrotingspos in die Parlement, was vooroordeel teen wit mense, veral Afrikaners, baie duidelik. Wynand Boshoff van die party sê verteenwoordigers van die MK-party en EFF het herhaaldelik na wit mense as “gronddiewe” verwys en gesê die teiken dat 30-persent van alle grond teen 2030 in swart besit moet wees, is onvoldoende. Boshoff sê Afrikaners moet hul opsies heroorweeg as hulle ʼn toekoms in Afrika wil verseker:
10 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste 5G-dienste 'n spel-veranderaar vir Namibië

MTC se onlangse bekendstelling van 5G-dienste in Namibië word beskryf as 'n beduidende stap vorentoe in Namibië se digitale transformasiereis. MTC beoog om sy 5G-vermoëns uit te brei om meeslepende ervarings, gevorderde speletjies, slim pakhuise, telemedisyne en slim besproeiingsoplossings te lewer. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
25 Aug 11AM 1 min

Pityana moet praat oor Lotery-tenderskandaal, vra BOSA

BOSA sê die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, voor hy eens die helfte van sy termyn uitgedien het en sonder om redes te verskaf, laat die rooiligte flikker en regverdig 'n onmiddellike ondersoek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Suid-Afrikaners verdien duidelikheid of Pityana…
25 Aug 11AM 1 min

Dit brand in Bwabwata Nasionale Park, lodges nog veilig

Veldbrande het in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek, veral noord en oos van die Divundu-Kongolo-snelweg, met berigte wat daarop dui dat die brande verder na naburige Angola versprei. 'n Sterk noordwestelike wind stoot rook af na die Kavango-streek, maar daar is tans geen onmiddellike gevaar vir toeriste-lodges in die gebied…
25 Aug 10AM 1 min

IPC brei uit in sy kritiek op Katima raadsontbinding

Die IPC beskuldig Swapo daarvan dat hulle die ontbinding van die Katima Mulilo-stadsraad gebruik om die opposisie te verswak voor November se verkiesings. Die IPC se streekkoördineerder, Elvis Lizazi, het die stap ongrondwetlik genoem en gesê Swapo betrek ander partye by sy korrupsieskandale. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling,…
25 Aug 10AM 1 min

NNN se eerste Heldedag-hoofrede lê voor

Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media…
25 Aug 10AM 1 min