Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

Loading player...
"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke.

Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan Kerkbode, met verwysing na die sesde gebod ‘jy mag nie doodslaan nie’, geskryf oor wat God in hierdie gebod van gelowiges vra soos verwoord in die Heidelbergse Kategismus. In hierdie spesiale uitsending vir Kerkbode Kollig, gesels Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, met Lubbe oor openbare debatvoering. Na aanleiding van die rubriek vra Beukman vir Lubbe oor hoe hy openbare verskille dan wil sien en oor die kerk se stem in die samelewing (moet net die NG Kerk ’n standpunt hê oor alles?).
10 Jul 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min