Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

Loading player...
"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke.

Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan Kerkbode, met verwysing na die sesde gebod ‘jy mag nie doodslaan nie’, geskryf oor wat God in hierdie gebod van gelowiges vra soos verwoord in die Heidelbergse Kategismus. In hierdie spesiale uitsending vir Kerkbode Kollig, gesels Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, met Lubbe oor openbare debatvoering. Na aanleiding van die rubriek vra Beukman vir Lubbe oor hoe hy openbare verskille dan wil sien en oor die kerk se stem in die samelewing (moet net die NG Kerk ’n standpunt hê oor alles?).
10 Jul Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min