MK lê kriminele klagte teen Mchunu en Sibiya

Loading player...
Die MK-party het 'n strafsaak teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu en adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya by Pretoria se Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Dit is vir meineed en regsverydeling ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer dat Mchunu en Sibiya medepligtig is by 'n sindikaat, beheer deur dwelmkartelle en sakelui, wat georganiseerde misdaad in die land geïnfiltreer het. David Skosana van die MK-party het aan die SABC gesê aanspreeklikheid is die sleutel:
10 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN se eerste Heldedag-hoofrede lê voor

Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media…
25 Aug 10AM 1 min

China kry Chenin Blanc-bederfie

Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die…
25 Aug 10AM 1 min

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om…
25 Aug 9AM 1 min

Fleetwood wen Toerkampioenskap, sy eerste PGA-toertitel

Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg 'n…
25 Aug 9AM 1 min

Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie!

Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref…
25 Aug 8AM 1 min