The Relocated South African: Emigrasie sonder filters

Loading player...
In hierdie week se KLETS vat ons ’n draai verby die grens saam met Jan Hugo, aanbieder van die potgooi The Relocated South African. Jan het in Oktober 2020 saam met sy vrou na Portugal geëmigreer, in die middel van ’n pandemie, en hy deel met ons wat dit regtig beteken om jou lewe op te pak, jou huis agter te laat, en ’n nuwe toekoms te bou.

Wat beteken dit om jou land te los? Nie net jou huis of jou straat nie – maar jou taal, jou mense, en die ritme van alles wat bekend is?

Ons gesels oor:
• Wat mense dryf om te emigreer
• Die rol van geloof, gemeenskap en emosionele uithouvermoë
• Kulturele aanpassing en die stryd om tuis te voel
• Die kos en wyn van Portugal
• Die realiteit van veiligheid, lewensgehalte en perspektiefverskuiwing in die buiteland
• En hoe The Relocated South African eerlike emigrasie-stories deel

Dis nie net ’n gesprek oor waarheen jy gaan nie, maar oor wie jy word as jy gaan. Jan gesels met insig en sonder filters oor die werklikheid van emigrasie – die Suid-Afrikaanse konteks van politiek, taal en gesondheidsorg, en daai eerste week in ’n nuwe land.

Of jy self wonder oor emigrasie, of iemand ken wat reeds oppak – hierdie episode gee jou insig, hoop en eerlike perspektief.

Pak ’n koffiebeker, of ’n glas wyn… en ’n paspoort, en kom KLETS saam.
16 Jul 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min