SANW kan enige bedreiging teen SA hanteer

Loading player...
Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane, Bantu Holomisa, sê daar is op die oomblik geen eksterne bedreiging teen die land nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die week onthul die veiligheidsgroepering het 'n risiko van 'n staatsgreep geïdentifiseer. Sy het gesê die Nasionale Veiligheidstrategie en Nasionale Intelligensieraming het ander risiko's, insluitend terrorisme en gewelddadige ekstremisme, gevind. Holomisa sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ten volle in staat om die land teen enige ernstige bedreiging te verdedig:
18 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Polisie konfiskeer messe, pangas op Swakop

Die polisie op Swakopmund het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op messe, pangas en ander gevaarlike wapens gelê. Die res van die operasie het betreklik stil verloop, berig Darren Smith, wat die Copps 94.1-span vergesel het.
23 Aug 12AM 1 min

Drie in Namcor-saak hoor Dinsdag oor borgtog

Die verdediging en staat het vandag finale argumente gelewer in die borgtogverhoor van Austin Elindi, Cedrick Willemse en Panduleni Hamukwaya in die Namcor-korrupsiesaak. Die drie staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde bedrog van 480 miljoen Namibiese dollar. Landdros Linus Samunzala sal op 26 September uitspraak lewer.
22 Aug 11AM 1 min

Gayton McKenzie verwerp haatspraak-bevinding

Die leier van die PA en minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, verwerp die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings van prima facie haatspraak teen hom oor plasings uit die verlede op sosiale media. McKenzie noem dit lasterlik en polities-gemotiveerd en beweer hy het nooit amptelike korrespondensie ontvang nie en…
22 Aug 11AM 1 min

Petrofund se beursaansoeke vir 2026 nou oop

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds het sy 2026-beursaansoekproses begin, wat oop is tot 7 Oktober vanjaar. Die beurse sal Namibiërs toerus met kritieke vaardighede voor die finale beleggingsbesluite deur petroleum-eksplorasielisensiehouers wat in onlangse jare ontdekkings gemaak het. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer.
22 Aug 10AM 1 min