
Staatsdiensvakbond vra dringend nuwe Openbare Beleggingskorporasie-raad
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet dringend ʼn nuwe raad vir die Openbare Beleggingskorporasie aanstel. Die vorige raad se termyn het verstryk. Intussen is die korporasie se uitvoerende hoof, Thabiso Moshikara, geskors te midde van ernstige bewerings oor omkoopgeld van 3-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê die vertraging met die aanstelling van ʼn nuwe raad ondermyn bestuur en bestendigheid terwyl beslissende leierskap nodig is: