
Tariewe op SA voertuie gaan ons ook ruk
Loading player...
Daar word baie berig oor die impak van tariewe op Suid-Afrika. Die VSA het 30 persent tariewe op die buurland ingestel vanaf 1 Augustus en dit wil voorkom asof onderhandelings nie werklik vorder nie. Veral die voertuig- en onderdele-vervaardigingsbedryf sal na verwagting erg deurloop, met sowat 100 000 werke wat in gevaar is. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom van Simonis Storm gepraat.