
San-regsbemagtigingsprogram 'n dawerende sukses
Loading player...
Die Regshulpsentrum en die Europese Unie het 'n vierdaagse regsbemagtigingsprogram in Tsumkwe afgesluit. Die program is daarop gemik om toegang tot geregtigheid in San-gemeenskappe te bevorder. Die inisiatief, wat San-regsassistente van regoor die land bymekaarbring, fokus op die versterking van regskennis, menseregtebewustheid en gemeenskapsvoorspraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lukeno Hangala, 'n kandidaat-regspraktisyn in die sentrum se grond- en ontwikkelingsprojek.