
Ministerie betrek sakesektor om AfCFTA te benut
Loading player...
Die handelministerie het saam met die industrialisasie-ministerie konsultasies van stapel gestuur om die sakesektor te betrek. Die sessies is daarop gemik om bewustheid van die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms te verhoog en die implementering daarvan te ondersteun. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi sê die inisiatief is die sleutel om plaaslike besighede te help om voordeel te trek uit die vryhandelsooreenkoms.