
Rugby: D-dag vir Namibië vir Afrikabeker
Loading player...
Namibië se nasionale rugbyspan draf vanmiddag in Kampala, Uganda in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi teen Zimbabwe uit. Namibië moet die wedstryd wen om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is om 3-uur Namibiese tyd. Die skrumafrigter van Namibië, Jaco Engels, het meer.