
'FlySafair in oorlog teen vlieëniers, publiek'
Loading player...
Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op 'n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae verbied. Die vakbond het ook sy staking tot twee weke verleng. Helgard Cronjé van Solidariteit sê FlySafair se topbestuurders het volgens berige aandele ter waarde van meer as 90 miljoen rand verkoop, terwyl vlieëniers onder swak omstandighede moet werk: