
Namcor-verdagte skuil glo steeds in Angola
Loading player...
Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het meer.