SAPD moet spesiale operasies loods teen massamoord

Loading player...
The Soil of Africa burgerlike beweging doen 'n beroep op regering en die ministerie van Polisie om die ontplooiing van taktiese en intelligensie-gedrewe operasies in gebiede wat as massamoord-brandpunte in die land geïdentifiseer is. Vyf mense is die naweek dood en drie gewond, in 'n aanval op 'n shebeen, Vrydag in die Shoba informele nedersetting. Die voorsitter van die beweging, Bongani Ramontja, dring aan op nasionale optrede teen onwettige vuurwapens en ammunisie:
20 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie in Namcor-saak hoor Dinsdag oor borgtog

Die verdediging en staat het vandag finale argumente gelewer in die borgtogverhoor van Austin Elindi, Cedrick Willemse en Panduleni Hamukwaya in die Namcor-korrupsiesaak. Die drie staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde bedrog van 480 miljoen Namibiese dollar. Landdros Linus Samunzala sal op 26 September uitspraak lewer.
22 Aug 11AM 1 min

Gayton McKenzie verwerp haatspraak-bevinding

Die leier van die PA en minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, verwerp die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings van prima facie haatspraak teen hom oor plasings uit die verlede op sosiale media. McKenzie noem dit lasterlik en polities-gemotiveerd en beweer hy het nooit amptelike korrespondensie ontvang nie en…
22 Aug 11AM 1 min

Petrofund se beursaansoeke vir 2026 nou oop

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds het sy 2026-beursaansoekproses begin, wat oop is tot 7 Oktober vanjaar. Die beurse sal Namibiërs toerus met kritieke vaardighede voor die finale beleggingsbesluite deur petroleum-eksplorasielisensiehouers wat in onlangse jare ontdekkings gemaak het. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer.
22 Aug 10AM 1 min

Sankwasa is reg met afdankings van onbevoegdes: regsman

Regsman Richard Metcalfe het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, se besluit om die Katima Mulilo-stadsraad af te dank, in die openbaar verdedig. As deel van sy doelwit om plaaslike regerings skoon te maak, het Sankwasa ook ander wanpresterende of korrupte rade, insluitend die Stad Windhoek, gewaarsku dat hulle…
22 Aug 10AM 1 min