Scheffler palm vierde major-titel in

Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, het die 153ste Ope-kampioenskap by Royal Portrush in Noord-Ierland gewen en daarmee sy vierde major-titel opgeraap. Die Amerikaner het met vier houe geseëvier ná ʼn finale ronde van 68 om op 17 onder baansyfer te eindig. Sy landgenoot, Harris English, is tweede op 13 onder en Chris Gotterup op 12 is derde. Rory McIlroy wat graag ʼn geskiedkundige oorwinning op sy tuisgrond wou behaal, deel die sewende plek. Scheffler sê hy het die hele toernooi goed gespeel:
21 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja se Orpa berei voor vir November

Voorbereidings is in volle swang vir die komende plaaslike owerheid- en streekverkiesings. Kiesers, politieke partye en die Verkiesingskommissie verfyn planne om leierskap op grondvlak te vorm. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Ratepayers Association, Orpa, oor hul pogings gepraat.
21 Jul 5AM 1 min

Zuma is manteldraaier

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die party se standpunt oor selfbeskikking vir Wes-Sahara verdedig en die president van die MK-party, Jacob Zuma, beskuldig dat hy 'n manteldraaier is. Hy het gister die party se nasionale werkkomiteevergadering met die Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee in Kaapstad bygewoon. Mbalula het…
21 Jul 5AM 1 min

Staat se salarisrol is onvolhoubaar

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die produktiwiteit van die staatsdiens tydens haar eerste amptelike boodskap aan staatsamptenare Vrydag bevraagteken en gesê sy wonder of dit werklik nodig is dat soveel oortyd geëis word. Nandi-Ndaitwah het gesê die regering verkeer onder begrotingsdruk en dat die staat se jaarlikse salarisrol van sowat 35…
21 Jul 4AM 1 min

SA se bouregulasies moet dringend hersien word

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die instorting van die gebou in George wat 34 lewens geëis en meer as 28 mense beseer het, maak die hersiening van alle nasionale bouregulasies noodsaaklik. Hy sê sy departement, die Ingenieursraad van Suid-Afrika, en die Raad vir die Geboude…
21 Jul 4AM 1 min

Hupstoot vir noordelike beesboere

Die regering het amptelik vyf 30-ton-vragmotors met sleepwaens en vyf draagbare laaibanke ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar in die noordelike kommunale gebiede oorhandig, onder die EU-befondsde Veeondersteuningsprogram. Die toerusting, wat nou deur Meatco bestuur word, is om die vervoerkoste van vee na slagpale en kwarantyngeriewe te verminder. Die…
21 Jul 3AM 1 min