
Hupstoot vir noordelike beesboere
Loading player...
Die regering het amptelik vyf 30-ton-vragmotors met sleepwaens en vyf draagbare laaibanke ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar in die noordelike kommunale gebiede oorhandig, onder die EU-befondsde Veeondersteuningsprogram. Die toerusting, wat nou deur Meatco bestuur word, is om die vervoerkoste van vee na slagpale en kwarantyngeriewe te verminder. Die vragmotors bedien slagpale in Katima Mulilo, Eenhana, Oshakati, Outapi en Rundu. Die waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, Kingsley Kwenani, het meer.