Die Namcor-Enercon borgaansoek duur voort. Verdedigingsadvokaat Sisa Namandje het die staat daarvan beskuldig dat hulle doelbewus bewyse in die saak weerhou het. Dit kom nadat staatsaanklaer Menencia Hinda onthul het dat beskuldigde Malakia Elindi na bewering vals bankbesonderhede aan die ministerie van verdediging verskaf het, wat daartoe gelei het dat…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom Buti Manamela se aanstelling as nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit volg op die afdanking van Nobuhle Nkabane oor omstredenheid in verband met die aanstelling van raadsvoorsitters van Sektor-onderwys- en opleidings-owerhede. Makaneta sê Manamela is ʼn bekende in die hoër-onderwysomgewing wat ook adjunkminister…
Die Namibiese Mededingingskommissie beplan regstappe teen meer as 200 apteke wat glo medisynepryse onderling vasgestel en kliënte te veel laat betaal het. Volgens die kommissie is die apteke lede van die Farmaseutiese Vereniging van Namibië, wat 'n verpligte reël het dat medisynepryse met 50 persent opgemerk moet word. Daar is…
Reaksie word ontvang op die Namibiese Beleggings- en Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, wat beraam dat meer as 200 miljard Namibiese dollar benodig word om 800 000 werksgeleenthede teen 2030, volgens Swapo se manifes te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Omu Kakujaha-Matundu, van Unam se departement…
Die Bank van Namibië sê hy gaan nie op hierdie stadium wegdoen met die regulasie dat eerste-keer huiseienaars nie 'n deposito betaal wanneer hulle huislenings aangaan nie. Dit kom na die Internasionale Monetêre Fonds aanbeveel het dat die sentrale bank die praktyk staak, want dit sal banke teen toekomstige nie-presterende…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.