
Regstappe teen apteke oor prysvasstelling - NaCC
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie beplan regstappe teen meer as 200 apteke wat glo medisynepryse onderling vasgestel en kliënte te veel laat betaal het. Volgens die kommissie is die apteke lede van die Farmaseutiese Vereniging van Namibië, wat 'n verpligte reël het dat medisynepryse met 50 persent opgemerk moet word. Daar is al in 2023 met die vereniging 'n skikking bereik, maar sommige apteke het nie daarby gehou nie en daar is 'n hofsaak in die hoogeregshof teen hulle hangende. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.