Idaho studente moorde: Kohberger kry vier maal lewenslank

Loading player...
Die man wat in November 2022 vier studente van die Universiteit van Idaho vermoor het, Bryan Kohberger, is tot vier keer lewenslank sonder parool gevonnis. Die 30-jarige gewese kriminologie-student het Kaylee Goncalves, Ethan Chapin, Xana Kernodle en Madison Mogen doodgesteek terwyl hulle in hul huis weg van die kampus geslaap het. Hy het skuldig gepleit as deel van ʼn ooreenkoms om die doodstraf vry te spring. Regter Steven Hippler het Kohberger ʼn gesiglose lafaard genoem:
24 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner lê veldbrand-gevare in streek uit

Veldbrande in Suid-Afrika neem toe as gevolg van klimaatsverandering en bogemiddelde reënval, wat plaaskoste en voedselpryse kan verhoog. Dawie Maree van FNB Landbou in die buurland waarsku dat vleis die grootste risiko loop, aangesien brande weiding en voer vernietig, wat druk op reeds hoë voedselinflasie plaas. Kosmos 94.1 Nuus het…
21 Aug 11AM 1 min

Afrika soek vennote nie hulp, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat Amerika op goedere uit Afrika gehef het, het die noodsaaklikheid van uiteenlopende uitvoermarkte gewys. Hy het die negende Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika in Tokio, Japan, toegespreek. Japan is een van die hoofbeleggers in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die bilaterale handel…
21 Aug 11AM 1 min

Blommeprag pryk by Klein Aus Vista

Klein Aus Vista is nou bedek met helder veldblomme na welkome reën. Die blommeskouspel is op sy hoogtepunt, met die landskap omskep in kleurvolle tapyte wat besoekers en fotograwe lok. Meer reën kan die seisoen se skoonheid selfs verder verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus…
21 Aug 10AM 1 min

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min