
GOOD sê SA sal nie swig onder Amerikaanse druk nie
Loading player...
Die GOOD-party sê die regering mag nie swig onder druk van die VSA nie, selfs al is dit teen 'n prys. Dit volg nadat die Amerikaanse Kongres ’n wetsontwerp goedgekeur het wat kan lei tot nuwe strafhandelstariewe. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron het AfriForum en Solidariteit gekritiseer dat hulle 'n skuif ondersteun wat Suid-Afrika straf vir sy bande met BRICS, die ondersteuning van Palestina en pogings om die onregte van die verlede aan te spreek: