
Geskiedkundige beslissing in Den Haag oor klimaat
Loading player...
Die Internasionale Geregshof het beslis state het ʼn regsverpligting om op te tree teen klimaatsverandering, anders word menseregte oortree. Dit sluit die verpligting onder die Parys-verdrag in wat aardverwarming wil beperk tot 1,5-Celsius bo dié voor die nywerheidsera. Die hof het ook bevind ontwikkelende lande het die reg om skadevergoeding te eis vir die uitwerking van klimaatsverandering. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, verwelkom die uitspraak: