
Vanuatu verdrink, behaal sukses in Den Haag
Loading player...
Die Internasionale Geregshof het bevind dat lande bykomende verpligtinge het om die klimaat te beskerm en stappe te doen om klimaatskade binne en buite hul grense te voorkom. Hierdie verpligtinge spruit voort uit menseregtewetgewing, die seereg en algemene beginsels van internasionale reg. Vanuatu het 'n sleutelrol gespeel in die aanhangigmaking van die saak. Die eiland is uiters kwesbaar vir stygende seevlakke. Die land se minister van klimaatsverandering Ralph Regenvanu het na die uitspraak buite die hof gepraat.