
Stoei-legende Hulk Hogan dood op 71
Loading player...
Huldeblyke stroom in vir die WWE-legende Hulk Hogan, wat in die ouderdom van 71 dood is. Nooddienste het 'n oproep van sy huis in Clearwater, Florida om 10-uur Donderdagoggend ontvang oor 'n hartstilstand-geval, en hy is later in die hospitaal dood verklaar. Hogan, oftewel Terry Bollea, was die grootste professionele stoeier van die 1980's en '90's en het roem bereik in die World Wrestling Entertainment, of WWE formaat. Hy het ook omstredenheid veroorsaak en is uit die WWE heldesaal geskop oor rassistiese aanmerkings. Hy is hertoegelaat in 2020, toe hy aktief geword het in Donald Trump se “Make America Great Again”-beweging. Hogan het in 2012 met die BBC gepraat. Luister self.