
Frankryk sal Palestina as staat erken - Macron
Loading player...
Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as 'n staat sal erken. Macron sê in 'n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is om die oorlog in Gaza te beëindig en die burgerlike bevolking te red,” lees die plasing. Dit kom te midde van berigte dat meesal kinders in die strook van wanvoeding sterf, wat Israel ontken. SkyNews het met chirurg Maynard Nick gepraat, wat sê selfs sy kollegas by die Nasser Hospitaal in Gaza ly honger.