
Israel moet Gaza open vir kos, medisyne: VN
Loading player...
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê volgens hom is mense in Gaza nie lewend of dood nie, maar lewende lyke. Die agentskap sê minstens 113 mense in Gaza is aan honger dood waarvan 45 die laaste vier dae was. Agentskaphoof Philippe Lazzarini sê hulle het kos en mediese voorraad wat op 6 000 vragmotors kan pas in Jordanië en Egipte. Hy maan Israel om humanitêre vennote toe te laat om onbeperkte en ononderbroke humanitêre hulp na Gaza te bring. Die Palestynse Owerheid se eerste minister Mohammed Mustafa sê die grense moet oopgemaak word.