
Mynery in Goanikontes-gebied 'sal toerisme vernietig'
Loading player...
Excel Dynamic Solutions en Omegore Mineral and Trading beplan om in die Goanikontes-gebied te myn, wat historiese terreine, belangrike toerismeroetes soos die Maanlandskappad en brose ekosisteme binne die Dorob Nasionale Park bedreig. Die gebied is die tuiste van bedreigde spesies soos die Namaqua-verkleurmannetjie, bruin hiëna en Namib-webvoetgekko, sowel as beskermde Ana-bome. Kosmos 94.1 Nuus het met eienaar van Livingstone's Private Tented Lodge, Sharmine Livingstone gepraat.