
Naute-dadelprojek 'in chaos, niks werk'
Loading player...
Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, sukkel voort en dinge by die Naute-dadelprojek naby Keetmanshoop is maar bedroef. Die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne sê daar is geen snoeiskêre om die druiwe te snoei nie, die watermeters bars en lek, die pompe is buite werking. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.