
Walvis-strand kry nuwe baadjie
Loading player...
Opknappingswerk by Walvisbaai se Onafhanklikheidstrand sal na verwagting in die komende dae begin, na die oorhandiging van die terrein aan die kontrakteur Larissa Investment CC. Die opgradering is 'n gesamentlike projek tussen die Walvisbaai- en Czerwonak-munisipaliteit van Pole, met EU-befondsing. 'n Toekomstige promenade-wandelpad word ook beoog. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se burgemeester Trevino Forbes gepraat.