
Stad Windhoek reik kennisgewing uit oor rook, ook damprook
Loading player...
Die Stad Windhoek het 'n kennisgewing uitgereik wat alle vorme van rook, insluitend die gebruik van e-sigarette in openbare ruimtes soos werkplekke, skole, openbare vervoer, gesondheidsfasiliteite en regeringsgeboue verbied. Rook is ook verbode binne 2 meter van ingange en vensters. Fasiliteitseienaars moet die reëls afdwing en "Geen Rook"-tekens vertoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya gepraat.