Brultyd | God soek na greatness in 'n man - Trevor Shanold Marillac

Loading player...
Luister na die kragtige Woord wat, Pastoor Marrilac 'n paar jaar gelede by 'n Vadersdag diens, by die AGS Greenhaven in Grootbrak Rivier bedien het.

“Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!”
Brultyd – Maandae, Woensdae & Vrydae | 06:00 | Baasraak TV YouTube Kanaal

Dis Brultyd – ’n oggend-aanroep tot geestelike ontwaking!

In ’n wêreld waar die vyand brul soos ’n leeu, is dit tyd dat God se kinders weer hulle eie brul vind. Elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 06:00 nooi ons jou om deel te wees van die Leeutrop van God, waar Jesus Christus – die Leeu uit die stam van Juda – ons Leier is.

Ons deel kragtige Woordboodskappe van verskeie predikers en sprekers om jou siel te versterk, jou geloof aan te wakker, en die geestelike brul in jou hart weer los te maak. Begin jou dag met vuur, geloof en fokus.

👉 Sluit aan. Brul saam. Word wakker vir oorlog. Dis Brultyd!
29 Jul 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Entrepreneurskap: Roeping of Romantiese Droom?

Is entrepreneurskap rêrig vir jou – of hou jy net van die idee daarvan? In hierdie R100 Entrepreneur-episode kyk ons eerlik na 15 redes hoekom entrepreneurskap nie vir almal is nie. Entrepreneurskap is nie ’n vinnige pad na rykdom nie, en dis beslis nie maklik nie. Dis verantwoordelikheid, risiko, alleen…
26 Jan 1 hr 08 min

Wat se die Bybel van besigheid

In hierdie Brultyd-episode van die R100 Entrepreneur-reeks gesels Coach Freek en die paneel oor God se hart vir werk, vrug en vermeerdering. Ons kyk na: Johannes 15 – God verwag vrug Matteus 25 – Die gelykenis van die talente Genesis – Adam se roeping om die aarde te bewerk Spreuke…
22 Jan 1 hr 13 min

Hoekom mans so bang is om te faal — en wat God daaroor sê | Brultyd

n hierdie Brultyd-boodskap duik ons diep in een van die grootste strydvelde in ’n man se lewe: die vrees om te faal. Baie mans dra die druk om altyd sterk, suksesvol en onbreekbaar te wees — maar God roep ons om nie prestasie-gedrewe nie, maar Christus-gedefinieerd te leef. ✅ Hoekom…
21 Jan 1 hr 36 min

Hoe ek my brul verloor het en dit weer terug gekry het | Brultyd

👉 Moenie hierdie inspirerende episode misloop nie. Luister, deel dit met ’n vriend, en laat weet wat jy dink in die kommentaar. 📌 Ondersteun ons bediening: www.baasraak.tv/ondersteun-ons 🌿 Tala Health & Wellness – Trots Borg van Baasraak TV! Ons met groot dankbaarheid aankondig dat Tala Health & Wellness vir die…
21 Jan 1 hr 09 min

Begin jou eie besigheid met 'n "HONDERD RAND" | Brultyd

Wat sou jy doen as R100 al is wat jy oorhet? Sal jy dit bêre, spandeer, of saai? In hierdie episode van Brultyd begin ons ‘n nuwe reeks: Die R100 Entrepreneur — waar ons praat oor geloof, werk, kreatiwiteit en Koninkryksbeginsels vir besigheid. Ons kyk na: • Hoe God na…
21 Jan 1 hr 15 min