Trump open sy nuwe luukse gholfbaan in Skotland

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het sy familie se nuutste luukse gholfbaan in Aberdeenshire, Skotland amptelik geopen. Dit kom na hy die week samesprekings met Britse eerste minister Keir Starmer gehou het by een van sy ander gholf-oorde in Skotland. Dit is die laaste dag van sy vyf-dag lange besoek en hy keer vanaand terug na Amerika. Trump het tydens die lintknip seremonie gepraat.
29 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brittanje sal Palestynse staat erken, mits...

Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September…
30 Jul 1AM 1 min

DA verwelkom stappe by SABS

The DA het die voorsorgskorsing van die hoofbedryfsbeampte en hoof van Korporatiewe Dienste van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde verwelkom. Toby Chance van die DA sê die skorsing van Lungelo Ntobongwana en Lizo Makele kom slegs dae voor die voorlegging van die verslag wat deur die minister van Handel, Nywerheid…
30 Jul 1AM 1 min

BKS: RPO sê situasie begin stabiliseer

Nuwe bek-en-klouseer uitbrekings word steeds in Suid-Afrika aangemeld maar dit blyk asof die situasie begin stabiliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Frikkie Maré, die voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie in die buurland, wat die jongste inligting deel.
29 Jul 2AM 1 min

IPPR reageer op Pouyanne se 'kwessies'

Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat "kwessies" met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur…
30 Jul 12AM 1 min