
Tiffany Meek bly agter tralies tot saak in September hervat
Loading player...
Die saak teen die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat beskuldig word van moord op haar 11-jarige-seun, Jaden-Lee, is tot 17 September uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, het buite die Landdroshof in Roodepoort gesê hulle verwelkom die besluit om Meek borgtog te weier. Sy word ook aangekla van regsverydeling, belemmering en crimen injuria. Mjonondwane sê Meek was oneerlik en kan dalk met getuies inmeng. Sy sê hulle is seker van 'n suksesvolle vervolging: