
Twee nuwe Namcor-verdagtes kom vandag voor
Loading player...
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat twee verdagtes in die voortgesette Namcor-korrupsiesaak vandag in die hof sal verskyn. Die woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard op soek is na Victor Malima wat ook met die saak verbind is maar, uit die land gevlug het.