IPPR reageer op Pouyanne se 'kwessies'

Loading player...
Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat "kwessies" met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing.
30 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vermeerder klimaatsbefondsing, hoor G20 energie-werkgroep

Die G20 se Energie-oordrags-werkgroep in Sun City, Noordwes, is aangespoor om klimaatbefondsing te vermeerder om die energiekrisis te beëindig. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, bepleit dat beloftes verander na gekoördineerde beleggings. Hy vra ook befondsing van transmissie, verspreiding en buigsame opwekking, sowel as ondersteuning vir klein, medium…
30 Jul 11AM 1 min

VSA wil bevel skrap wat klimaatsverandering help bekamp

Die Trump-administrasie het 'n plan aangekondig om 'n landmerk-bevinding dat kweekhuisgasse skadelik is vir die omgewing, af te skaf. Dit sal die federale regering se vermoë om klimaatsverandering te bekamp, erg aan bande lê. Die 2009-bevel van destydse president Barack Obama, wat bekend staan as die "Bedreigingsbevinding", het die Amerikaanse…
30 Jul 11AM 1 min

Okahandja-inwoners ruk weer op na dorpsraad

Inwoners van Okahandja beplan 'n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie…
30 Jul 11AM 1 min

Alles in rat vir T20 Franchise Cricket-toernooi!

Die T20 Franchise Cricket-toernooi, aangebied by die nuwe FNB-krieketgronde, begin op 1 Augustus. Die top-mansspelers is in vier spanne ingedeel vir die reeks. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië gesels.
30 Jul 11AM 1 min