
Brittanje sal Palestynse staat erken, mits...
Loading player...
Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September tydens ʼn vergadering van die Verenigde Nasies die eerste G7-land te wees wat dit doen. Starmer sê die VK se doel bly ʼn veilige Israel langs ʼn lewensvatbare en soewereine Palestynse staat: