
Ghislaine wil voor Kongres getuig, maar met immuniteit
Loading player...
Jeffrey Epstein se eks-meisie, Ghislaine Maxwell, het aangebied om voor die Kongres te getuig, maar het wetgewers gevra om haar immuniteit te gee, volgens 'n lys van eise wat deur haar prokureurs aan die Huis toesighoudende komitee gestuur is. As daar nie aan die eise voldoen kan word nie, het haar prokureurs gesê Maxwell sal geen ander keuse hê as om haar op die reg om stil te bly te beroep nie. Dit kom terwyl Amerika se president Donald Trump onder toenemende druk verkeer om die sogenaamde Epstein Files openbaar te maak. Jake Rosen, CBS News se justisie-verslaggewer in Washington, het meer.