
SA het nou, halfpad deur 2025, 63 miljoen inwoners
Loading player...
Suid-Afrika se bevolking is halfpad deur die jaar op 63-miljoen met net meer as 51-persent wat vroue is. Gauteng bly die provinsie met die grootste bevolkte met meer as 16-miljoen inwoners, gevolg deur KwaZulu-Natal met 12-miljoen, terwyl daar een-miljoen mense in die Noord-Kaap is. Gauteng en die Wes-Kaap is die voorkeur bestemmings vir interne migrasie. Diego Iturralde van Statistieke Suid-Afrika sê hoewel meer as 8 miljoen Suid-Afrikaners met MIV/Vigs leef, daal die verwante sterftes as gevolg van wyer toegang tot behandeling: