
Lammy verduidelik VK se standpunt oor erkenning van Palestina
Loading player...
Britse eerste minister Keir Starmer het aangekondig dat die land 'n Palestynse staat sal erken by die Verenigde Nasies se algemene vergadering in September, tensy Israel beduidende stappe doen om die verskriklike situasie in Gaza te beëindig. Die regering moet ook 'n wapenstilstand aanvaar, geen grond beset in die Wesoewer nie en 'n verbintenis tot 'n langtermyn vredesproses maak. Hy het ook gesê die “terroriste van Hamas” moet onmiddellik alle gyselaars vrylaat, instem tot 'n skietstilstand, hulle wapens neerlê en aanvaar dat hulle nie deel sal wees van 'n regering in Gaza nie. Britse buitelandse sake-minister David Lammy het na die aankondiging by die VN gepraat: